broederbond

die moderne of ‘herskepte’ broederbond organisasie is arrogant. dieselfde as baie NAZI organisasies wat weier om te aanvaar dat wat hulle voor gestaan het, wat hulle in die verlede gedoen het, onvergeeflik is. skandalig.

dink bietjie oor die woord: onvergeeflik

die broederbond was ‘n vieslike organisasie. nie net rasisties nie, maar ras en geloof suiwer. hulle het hul werk in die geheim gedoen. soos kokkerotte onder donker kaste. nog voor 1918 was daar geheime organisasies, die voorsate van die broeders, die GRA (Genootskap van Regte Afrikaners). hulle het almal die ZAR boere vernietig en ook die Vrystaat Boere geabsorbeer onder die Afrikaner Nasionalis vaandel.  na 1918 was die broeders baie meer formidabel. kamstig gestig om wit armoede te beveg waarlik het dit ‘n nasionalistiese, wit vel, Protestante geloof bevorder. rassisties, ekonomies, geloof. die broederbonders het ook die Hollands sprekende boere heeltemal opgevreet, absorbeer en vernietig. as jy vandag lees van die “groot trek” was dit ‘n “ofrikaner” ding. lees jy egter bietjie dieper, sien jy die waarheid van die afrikaner kokkerotte raak.

die broederbond het in die verlede mense se lewens vernietig, geskiedenis probeer herskryf en is nou besig om in 2018 coolaid te verkoop.

een engelse woord vir die nuwe enjins van die ‘hervormde’ moderne broederbond: myopic

ons is vry broederbonders. ons hou nie van histories geheime rassistiese organisasies nie. of hulle nou vir ons vertel dat vrouens welkom is as lede, alle rasse welkom is of nie.  hulle vertel ons nou dat hulle nou glad nie meer vrek bose geeste is nie. dat hulle ook nou ‘vry’ is. dink hulle die bree suid afrikaner gemeenskap, wat probeer om een nasie te bou, gaan hulle nou aanvaar as een of ander soort klub? staan die broederbond nou vir alle suid afrikaners? is die nuwe ‘leiers’ van die nuwe broederbond komediante? is die ‘broeder‘bond ook nou die ‘suster‘bond? sover ek onthou kan vrouens eers van 1992 lede wees van die ‘broeder’bond.

dalk dink die ‘broeders’ (wat nou ook skynbaar susters insluit) dat as genoeg tyd verby gaan hulle weer die geskiedenis kan oorskryf? eintlik moet die ANC en Julius Malema bietjie die geskiedenis professors in die hande kry, Oom Julius sal met julle gal werk – dalk skryf die nuwe ‘broeders’ sommer die ou broeders heeltemal uit die geskiedenis uit. dalk werp hulle meer lig op van die dominee skandale, dalk voeg hulle bietjie ‘insider trading’ en ‘n paar ander goedjies by.

die broederbond is vandag irrelivant. die afrikaner nasionalis is nie meer relevant nie. afrikaners is nie meer relevant nie.

jy is of ‘n Suid Afrikaner, van enige vel kleur, kultuur, geloof of opinie. of basta met jou!

maar, in suid afrika is daar steeds geheime organisasies. ek hou veral dop wat die afloop van die Gupta skandaal gaan wees. ek is bereid om te spekuleer dat daar niks van gaan kom op die langer termyn nie.

aan geheime organisasies: bly uit die lig uit. net soos kokkerotte. die kokkerotte skarrel juis so want hulle weet hulle sal getrap word.